Kentucky Gebakte Hoender en Amy Sedaris Ontdekking

Gallery

Ek het onlangs op die boek: I like you  afgekom in ‘n oulike tweedehandse winkel in Faerie Glen, Pretoria. Ek het die boek teen ‘n absolute winskoop gekoop (ek dink ek het R20 betaal) maar die boek is ‘n belewenis! Ek kon die boek nie neersit nie, haar vermaaklike en baie humoristiese stories is fantasties… Ek het twee naweke vol spandeer om die boek klaar te lees. Sy gee ook resepte uit vir sommige van haar geheime disse en sy inspireer iemand verseker om te begin onthaal en PRET te hê daarmee. Hierdie is een van haar ge-inspireerde resepte, geniet dit!

Heerlik, maklik en gesonde Kentucky!

Kentucky Gebakte Hoender

500ml Karringmelk

1 x Ster pak hoender boudtjies en duitjies

2 eiers, geklits

Vir die krummel laag (meng alles saam)

1 k koekmeel

1t sout

¼ t fyn peper

1 t kerrie poeier

½ t neutmuskaat (nutmeg)

¼ t rooi peper

½ t paprika

1 t knoffel sout

1 ½ t droeë pietersielie

 

1. Laat hoender in karringmelk week vir ten minste 2 ure (ek het myne al laat week van die oggend voor werk af)

2. Oond aan op 220°C

3. Rol in eier en dan in die koekmeel mengsel

4. Bak op ‘n gesmeerde bakplaat (ek het dit op ‘n laag gesmeerde waspapier gepak om die skottelgoed was makliker te maak) en bak vir 15minute

5. Draai om en bak vir ‘n verdere 15 – 20minute

3 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s