Hoender en koolslaai rolletjies “wraps”

Gallery

Tesame met my obsessie met slurpies, het ek ook wraps herontdek tydens ons vakansie in Ponta do Oura. Skat-se-At het omtrent elke dag ‘n rolletjie ge-eet terwyl ek al my sorge en bekommernisse weggedrink het met ‘n slurpie.

Ek het vir ‘n groep gaste hierdie spesifieke rolletjie gemaak en dit komplimente het gevloei. Die romerige smaak van die koolslaai, met die dubbele “crunch” van die blare en die croutons was voorwaar die wenner van die dag.

Hierdie rolletjies is ook ‘n lekker treffer vir skool kosblikke of ietsie gesonder vir die jongspan om aan te peusel.

Indien jy meer inligting benodig hoe om ‘n wrap te maak kan youtube jou help: http://www.youtube.com/watch?v=5GOnGbTHqN8

Hoender en koolslaai rolletjies “wraps”

Laat oornag staan in ‘n yskas:

2 wortels, geskil en in repies gesny (Julienne)

½ koolkop, repies gesny

¼ k wit asyn

½ k Miracle Whip (ek het die light een gebruik)

Vir die wrap, pak die volgende in lae (onthou om ‘n 1cm randjie oop te hou)

Blaarslaai – ek het gemengde blaarslaai gebruik vir die ekstra kleur

Repies gaar/gerookte hoender borsies

Croutons (net so 2 of 3 per rolletjie)

¼ wieletjie feta kaas

Met die koolslaai heel bo-op

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s