Wit sjokelade mousse met Appelliefies

Gallery

Ek het ‘n boksie appelliefies gekoop en was onseker hoe om dit die beste voor te sit. Ek weet my Pa is mal oor Appelliefies, terwyl Skat-se-At en my twee broers glad nie van vrugte hou nie. Ek het besluit om ‘n ekstra soet wit sjokelade mousse te maak, ek het die Jamie Oliver se beste mousse resep gevolg en die Appel liefies te bedien na smaak vir die gaste.

Ek was mal oor hoe die appel liefies die ergste soetgeid van die wit sjokelade mousse gebreek het, voorwaar ‘n wenner.

Wit sjokelade mousse met Appelliefies

300g Goeie wit sjokelade

8 eiers

100g strooi suiker

300 ml Room

Kaneel (net vir versiering)

Een klein pakkie appeliefies

1. Smelt die sjokelade in ‘n dubbel koker – laat dit stadig smelt om te vookom dat dit brand (ja dis jou voorreg om tussentyd ‘n glasie wyn te geniet!)

2. Skei die eiers

3. Voeg die suiker by by die eiergele en klop stadig totdat al die suiker goed in geroer is

4. Klits die eierwitte (gooi ‘n klein bietjie sout by) totdat dit sagte pieke vorm

5. In ‘n derde bak – klop die room totdat dit dik is en goed stuif geklits is

6. Indien die sjokelade gesmelt is, meng dit stadig in by die eiergele. (moenie die eiergele by die sjokelade voeg nie, anders gaan die eiergele gaar kook)

7. Voeg die room by en laaste die eierwitte – jy moet hierdie twee invou en nie met ‘n elektriese klitser in meng nie

8. Gooi oor in ramekins en laat vir ten minste 2 ure staan… (ek het myne oornag laatstaan, want indien dit nie vroeg oggend gestol het nie, wou ek ‘n plan B volg vir nagereg)

9. Sprinkel die top met kaneel

10. Laat die gaste self die Appelliefies opplaas na smaak (sommige mense hou van baie, terwyl ander persone net 2 verkies)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s