6 groot swart sampioene
1 medium ui, fyn opgesny
1 knoffel, opgesny
Olyf olie
½ k broodkrummels
½ k hoender aftreksel of ½ k wit wyn
½ k parmesan of pecoroni kaas
2 t gemengde kruie
20 g gesmelte botter
2 t Kaas Aromat
1. Braai die uie, steeltjies van sampioene en knoffel in die olyfolie totdat die uie deurskynend is (nie bruin nie)
2. Meng die hoender aftreksel en gesmelte botter en roer by die uie in
3. Verwyder van hitte en meng die res van die bestandele by die mengsel
4. Skep lepels vol op die sampioene en bak teen 180°C vir 15 minute