Kos is hemels

‘n Glasie Wyn maak alles beter

en Liefde is die enigste wettige dwelm wat ons mag gebruik

In my familie was kos nog altyd die sosiale gedeelte van enige kuier. Ek kan my kuiers onthou by die groter familie op Kersdag op die plaas waar die tafels gekreun het onder al die tradisionele Boere geregte. My ma het altyd gevra wat my vriende eet as sy gehoor het ek bring gaste na haar huis toe. Ek was bevoorreg om te leer by die beste kok ooit – My Ma!! Sy het in ‘n Duitse huis groot geword en was ‘n kranige VLU Tannie, wat selfs aangewys is as die beste Tiramisu-maker nasionaal in die VLU kringe!

Chilliliefde is opgedra aan my Mamma, die beste kok ooit!

Ek is absoluut verslaaf aan Ina Paarman, al haar produkte en resepte is ‘n belewenis. In die regte lewe is ek ‘n Aangeleentheid Bestuurder ( event manager ) en het die wonderlike voorreg om gereeld verskillende disse te probeer en dit self by die huis te gaan aanpak.

Chillies maak enige gereg ‘n belewenis, ek glo dat ‘n mens kan verslaaf daaraan raak en ek is nogsteeds opsoek na die CA (Chillies Anoniem) Ek is ‘n ware Boertjie in bloed en gees, versot op ons land en passievol oor die lewe.

Iemand het eendag gese, om te kook vir jou geliefdes is die beste geskenk wat jy ooit vir hulle kan gee. Terwyl jy besig is om passievol die uie op te kerf, die speserye by te voeg, dink jy konstant aan die ontvangers van die maaltyd. Liefde kan geproe word en ‘n tuis gemaakte dis vul die magie met kos, die hart met liefde en die siel met lewensnutriente!

Ek waardeer kritiek en kommentaar besonders, siende dat ek nog ‘n totale dummie is met kos stylering en resepte skryf, so kontak my gerus: nadia.events(@)gmail.com

Gaan groot met die kook en onthou die liefde in al jou geregte!!!

7 responses »

  1. Nadia wat ‘n pragtige gebaar…nou is die verlange eers groot…ja haar passie vir kos was ongelooflik…as wat sy gedoen het was met grooooot liefde, vir haar man, kinders, familie en vriende. Eks trots op jou! liefde t.Meisie

    • Baie baie baie dankie Tannie vir die pragtige boodskap! Ek waardeer dit so baie!!
      Kom kuier gerus asb weer hier op die site… en Tannie is welkom om interresante resepte vir my deur te stuur!
      Lekker dag!

  2. Nadia,
    Ek is ‘n ernstige “roof” kuiker en het onlangs begin om Plaas Nig in te span om my te help met lekker tradisionele goedjies.
    Gaan lekker by jou kuier..tnxs!

  3. Nig. Ek soek op die internet iets oor mammas vir moedersdag. En toe pop jou ma se foto op. Nou loop die trane behoorlik! dis pragtig nig! lief jou

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s