Gerookte Eisbein in Appletizer

Gallery

Laat my asb ook net ‘n bietjie normal voel…. Koop jy ook soms die oulikste goedjies/sousies/rubs/ingelegte vrugte net om te wonder en droom wat jy daarmee gaan maak. Dit is my storie met die Outydse Mosterd wat ek gekoop het in Clarens, by die Purple Onion Deli. Ek het geweet hierdie mosterd gaan fenominaal wees, maar hoe gebruik ‘n mens dit op sy beste? Dus was hierdie die inspirasie vir ‘n lekker gerookte eisbein. Ek is mal oor die feit dat hierdie resep so min en basiese bestandele benodig, maar jykandit verseker maak vir onthaal kos!

 

Een van my gunsteling plekke om Eisbein inPretoriate eet is Zappas, in Watermeyer park. Hulle het gewoonlik ‘n spesiale aanbod op Woensdae waar jy R100 betaal vir ‘n 1kg vleis, voorwaar ‘n treffer! Eisbein beteken letterlik – ys-been; en die naam se oorsprong is van een stadium waar hierdie snit van die vark gebruik is om ys skaatse mee te maak!

Gerookte Eisbein in Appletizer

 

750ml Appletizer (ek het die wit een gebruik)

750ml Hoender aftreksel

1kg Gerookte Eisbein

2 e Appelkoos konfyt of (opsioneel) een van PnP se Finest Range Glazes

 

1. Laat die eisbein vir ‘n 1.5 ure simmer in die Appletizer en die Hoender Aftreksel

2. Verwyder en vryf liggies droog met ‘n handoek rolletjie

3. Maak diaganola (skuins J) snye op die bo-kant van die eisbein, maar net deur die vel/crackling gedeelte

4. Smeer met die appelkoos konfyt of ‘n gekoopte glaze

5. Grill totdat die velletjie lekker bruin is (wees versigtig dit brand baie gou!)

6. Bedien met outydse mosterd

 

Lewer kommentaar